Verspreiding van nuwe iPad uitgestel

Slimfoon-vervaardiger Apple het Sondag aangekondig dat die verskeping van die nuwe iPad aan die mark met drie dae, van 16 Maart tot 19 Maart, uitgestel sal word.

Geen formele verduideliking is aangebied toe die maatskappy die besluit laat Sondag op sy webwerf aangekondig het nie. Daar is vroeër berig dat die nuwe toestel, iPad se derde weergawe sedert 2010, op Vrydag, 16 Maart in winkels beskikbaar sou wees. Apple het nie dadelik reageer toe hulle oor die uitstel uitgevra is nie. Die nuwe iPad sal oor ʼn kragtiger verwerker, skermresolusie soortgelyk aan die iPhone 4S en die vermoë om aan die nuutste 4G LTE-telekomnetwerke te koppel, beskik. Die nuwe iPad sal gelyktydig in 10 lande beskikbaar gestel word: Amerika, Frankryk, Kanada, Australië, Duitsland, Japan, Singapoer, Switserland, Verenigde Koninkryk en Sjina.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.