Verstandelik gestremde vrou verkrag, man gevonnis

Argieffoto van suikerriet-plantasie

ʼn 47-jarige man van KwaZulu-Natal, wat ʼn verstandelik gestremde vrou in 2010 in die Oos-Kaap verkrag het, is Donderdag lewenslange tronkstraf opgelê.

“Die man het in Augustus die vrou in Mpembeni naby Port St Johns verkrag,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy was by die huis toe die man haar genader het. Hy het haar na ʼn nabygeleë suikerrietplantasie gesleep en haar verkrag. Die slagoffer se suster, wat besorg was oor waar sy haar kon bevind, het die twee in die plantasie aangetref en die man op heterdaad betrap. Hy het gevlug, maar is net daarna aangekeer.

Die man het Donderdag in die Esikhawini streekshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.