Drie mans is Saterdag in Dobsonville, Soweto, in hegtenis geneem vir ‘n beweerde kaping.
Versteekte kameras in die gesteelde bakkie het die polisie na die verdagtes gelei, berig EWN. Die polisie sê die bakkie was besig om sigarette ter waarde van ongeveer R50 000 af te lewer, toe die voertuig Vrydag gekaap is. Die polisie het die versteekte kamera gebruik om die registrasienommer van ‘n minibustaxi te bekom. Die verdagtes het glo dié taxi gebruik om die sigarette af te lewer.
Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die vierde verdagte, wat glo die meesterbrein is, is steeds op vrye voet. “Ons ondersoek het ons ook na die perseel gelei waar die sigarette afgelewer is,” het sy bygevoeg.