Vertaler ondervra in ET-saak

Eugene Terre'Blanche. Foto: Shayne Robinson/SAPA

ʼn Polisiebeampte wat as ʼn vertaler opgetree het tussen ʼn ander polisiebeampte en die minderjarige wat beskuldig word van die moord op Eugene Terre’Blanche is Woensdag in die rondgaande hof op Ventersdorp ondervra.

Die minderjarige se regsverteenwoordiger, Zola Majavu, het probeer bewys dat inligting verkeerd geïnterpreteer of verkeerd verstaan kan word. Die minderjarige word saam met Chris Mahlangu aangekla van die moord op Terre’Blanche in April 2010 op sy plaas buite Ventersdorp. Majavu het konst. Emmanuel Mthembu gevra om sinne van Tswana na Afrikaans te vertaal, soos wat hy sou gedoen het toe hy die minderjarige se regte aan hom en sy ma voorgelees het voor die minderjarige die misdaadtoneel uitgewys het. Mthembu het by tye gesukkel om die sinne korrek te vertaal. Majavu het die akkuraatheid van Mthembu se vertalings tussen lt. kol. Frans Steyn, die minderjarige en sy ma bevraagteken. Mthembu sê hoewel hy soms vir Jacobs moes vra om duidelik te maak wat hy bedoel, meen hy die minderjarige en sy ma het verstaan wat hy gesê het. Mthembu het erken dat dit moontlik was dat van die inligting verlore gegaan het tydens die vertaling. Mthembu het in ʼn verhoor binne ʼn verhoor getuig rakende die geldigheid van bewyse wat deur die twee beskuldigdes verskaf is.

Die minderjarige het vroeër Woensdag ontken dat dit sy handtekening was wat op ʼn polisieverklaring verskyn. Jacobs, wat saam met die minderjarige gegaan het toe hy die misdaadtoneel uitgewys het, sê die minderjarige het wel gesê dat dit sy handtekening is. Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.