Vertraging in digitale TV glo SAUK en eTV se skuld

Dina Pule, minister van kommunikasie, blameer eTV en die SAUK vir die oponthoud in die vrystelling van digitale televisie in Suid-Afrika.

Die minister sê die parlement het verlede jaar die standaarde goedgekeur wat dié nuwe tegnologie sal reguleer, maar ‘n hofbevel het die onus op die uitsaaiers geplaas om te besluit wanneer die stelsel implimenteer sal word, berig EWN. Die proses is glo weens die uitspraak uitgestel, aangesien daar steeds nie ‘n ooreenkoms bereik kan word oor wie die boksstelle sal vervaardig nie. “Ons departement het reeds 80% van die digitale sein beskikbaar gestel en enige poging om appèl aan te teken sal die proses nog verder vertraag.

Pule het by die New Age-sakeontbyt gepraat.

Digitale televisie (DTT) verwys na die uitsaai van televisie in digitale formaat. Uitsendings in Suid-Afrika vind tans in analoog-formaat plaas. Suid-Afrika beplan om in totaliteit van analoog na digitaal oor te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.