Vertroue in Zuma val

President Jacob Zuma

Steun vir President Jacob Zuma het oor die afgelope twee maande sterk afgeneem. Volgens ʼn peiling deur TNS Research Surveys het sy ondersteuningsyfer tot 46% in April gedaal, na die syfer op sy hoogste 55% in Februarie was.

“Dit is gedurende dié tydperk wat die e-tolsaga sy hoogtepunt bereik het, maar nog voor die hooggeregshof sy interdik uitspraak gemaak het. Kommer oor luitenant-generaal Richard Mdluli se herinstelling was ook aan die orde van die dag en Julius Malema, voormalige leier van die ANC-jeugliga, se skorsing is gefinaliseer,” het navorser Neil Higgs Maandag gesê.

Sien volle verklaring hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.