Bevrore produkte wat al vier jaar gelede verval het, is tydens ʼn klopjag uit verskeie winkels in Trompsburg in die Vrystaat verwyder.
“Kos wat al in 2010 verval het, was nog by die hoofsupermark op die rak,” het sers. Ikobeng Hlubi, woordvoerder vir die polisie in die Vrystaat, gesê. “Selfs babamelk wat al verval het, is steeds aan mense verkoop.”
Die Vrystaatse departement van gesondheid, departement van binnelandse sake en die polisie het Woensdag ʼn klopjag op agt winkels in Trompsburg uitgevoer.
Hlubi sê die polisie het onlangs verskeie klagtes ontvang van die publiek wat produkte aangekoop het wat reeds verval het. Die winkeleienaars wou glo nie die produkte vervang nie. Die polisie het glo in elke winkel wat besoek is, op produkte afgekom wat reeds verval het. Die polisie het beslag gelê op die produkte en dit is by ʼn stortingsterrein vernietig.
Ek weet van ‘n paar ander winkels wat dit ook doen. Waaronder een in Kempton Park… Die goedere op die rakke is STOKOUD!!!. Al wat vars verkoop word is goed soos brood en melk.
Mens kan die gesondheidsraad laat weet, maar dan sit al daai mense wat daar werk sonder werk.
Kan die winkels en hul eienaars bekend gemaak word ?