Vervalste polisiemotor op beslag gelê

Die vervalste blitspatrollie-motor waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die polisie het op ʼn vervalste blitspatrollie-motor wat glo by meer as 35 misdade in en om Johannesburg betrokke was, beslag gelê.

The Star berig dat die polisie Donderdag ʼn oproep ontvang het oor ʼn huis in Alberton wat beroof was. Die polisie het op pad na die toneel verby die blitspatrollie-motor en ʼn ongemerkte GTI Golf verbygery. Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het aan die koerant gesê dat polisielede met die insittendes van die blitspatrollie-motor gekoordineer het oor hoe om die huisrowers vas te trek. Sy sê polisielede het agtergekom dat die mans net voorgehou het dat hulle ook polisielede is. Die mans in die blitspatrollie-motor het weggejaag en die polisie het hulle agternagesit. Die blitspatrollie-motor is in ʼn motorhuis in Glenada gevind en die vier insittendes het gevlug. Mogale sê die motor is glo in meer as 35 rooftogte en kapings gebruik. ʼn Handgeweer, jaggeweer en koeëlvastebaadjie is in die motor gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willy ·

Geluk aan die oplettende polisielede. Skrikwekkend watse metodes die kriminele nie sal gebruik om misdaad te pleeg.

JJEls ·

Meer kommerwekkend….hoe op aarde kom hul in besit van so motor? Jy koop hom nie so nie. Voertuie word spesiaal aangekoop en dan “omgesit” in n polisiemotor met blouligte, sirene en korporatiewe identiteit. Die voertuie word dan deur n kwartiermeestet per boek uitgereik aan n spesifieke Polisie-afdeling en Distrik, wat dit weer aan n sekere stasie toeken. Ek ruik lont!

Paul ·

Om die plakkers en ligte en “dummy” antennas en goed te koop of te maak en self op te sit, sal nie moeilik wees nie, JJ Els. Dit hoef mos nie perfek te lyk nie – net goed genoeg om in die verbygaan soos ‘n polisiemotor te lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.