Vervoerdepartement moet opdok ná slaggat-ongeluk

Foto: Argief

ʼn Man het R1,7 miljoen se skadevergoeding ontvang nadat hy ernstige beserings opgedoen het toe die bakkie, waarin hy ʼn passasier was, ʼn slaggat getref het.

The Star berig dat die departement van paaie en vervoer in Limpopo ingestem het om die skadevergoeding te betaal ná die ongeluk op ʼn provinsiale pad in Burgersfort in April 2008. Hermanus Maré (24) het ernstige beserings aan sy been opgedoen. Hy was vir drie maande in die hospitaal en moes vir langer as twee jaar met krukke loop na die ongeluk. Maré het agter op die bakkie gesit toe dit die slaggat getref en gerol het. Maré kan weens die beserings nie sy werk as ʼn arbeider by ʼn myn voortsit nie. Maré voer aan dat die departement verantwoordelik is vir die instandhouding van die pad en ʼn waarskuwingsteken op die pad moes aanbring.

Lees die volledige storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.