Vervoerdepartement ontken minister se verblyfkostes

Die minister van vervoer, Sbu Ndebele. Foto: GCIS

Die departement van vervoer sê ʼn berig wat beweer dat minister Sbu Ndebele in ʼn Johannesburgse hotel tuisgegaan het teen ʼn koste van R190 000 is misleidend en inkorrek.

ʼn Woordvoerder van die departement, Tiyani Rikhotso, sê die berig skep die wanindruk dat Ndebele belastingbetalers se geld gemors het. Beeld het Woensdag berig dat Ndebele tussen September en Oktober verlede jaar vir 25 dae by die Hyatt Regency hotel in Johannesburg gebly het. Rikhotso sê egter Ndebele het in dieselfde twee maande ʼn besoek aan Kanada afgelê. Hy sê die minister het slegs vir 11 dae by die hotel gebly. Rikhotso kon egter nie onmiddellik die koste hieraan verbonde bekendmaak nie. Beeld het verder berig dat Ndebele tussen 1 April 2009 en 31 Julie vanjaar R1,372 miljoen aan hotelverblyf bestee het. Hy het glo 346 nagte in hotelle deurgebring. Rikhotso sê Ndebele sal nie in ʼn hotel tuisgaan indien sy amptelike wonings in Pretoria en Kaapstad beskikbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

rassehund ·

the whole government seems to be a bunch of unqulified and corrupt persons .if they are continue like this,and Iam sure they will,this ones so rich and prospering country will end up bankrupt.
The mainsubject for those is ,live like kings and fill there own pockets with money,that all taxpayers are working hard for.shame on you all.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.