Vervoerminister doen beroep op verkeerspolisie om rybewyse af te vat

Die minister van vervoer, Sbu Ndebele. Foto: GCIS

Die minister van vervoer, Sbu Ndebele, het ʼn beroep gedoen op die verkeerspolisie om verkeersoortreders se rybewyse af te vat of summier op te skort.

eTV News berig dat dié aksie egter ernstige vrae ontlok oor die wettigheid hiervan aangesien slegs ʼn hof iemand se rybewys kan afvat of opskort. Ndebele se aankondiging kom kort nadat 18 mense in ʼn botsing op die R26 tussen Frankfort en Tweeling gesterf het. Meer as 900 mense het reeds sedert 1 Desember op die land se paaie gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.