Vervoerminister wil nou ook bloedalkoholvlak verlaag

Sbu Ndebele, die minister van vervoer. Foto: GCIS

Die minister van vervoer, Sbu Ndebele, wil wetgewing rakende die aanvaarde bloedalkoholvlak vir motoriste, wysig.

Ndebele het in ʼn geskrewe parlementêre antwoord te kenne gegee dat hy die Nasionale Padverkeerswet wil wysig. Die wettige bloedalkoholvlak is tans 0,05 g/100 ml, die ekwivalent van twee glase wyn of twee biere. Volgens berigte wil Ndebele moontlik so ver gaan as om dit te verander sodat ʼn persoon glad nie sal mag drink en bestuur nie. Hy sê die moontlik word ook ondersoek om oortreders se bestuurslisensies te kanselleer. Dit kom ʼn week nadat Ndebele bekendgemaak het hy gaan aan die kabinet voorstel dat die snelheidsperk op die land se paai van 12- km/h na 100 km/h verlaag word. Die minister se aankondigings kom na ʼn vlaag gru-ongelukke die afgelope maand waarin talle mense dood is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.