Vervoerstaking: Man breindood na klip deur ruit

Gary Stewart. Foto: Chanel September/EWN

Die gesin van Gary Stewart (42) sal na verwagting vanoggend die masjiene wat hom aan die lewe hou afskakel nadat hy gisteroggend breindood verklaar is.

Stewart is sedert Woensdag in ʼn koma nadat hy binne-in ʼn vragmotor met ʼn klip raakgegooi is deur stakende vragmotorbestuurders. Stewart was ʼn passasier in ʼn vragmotor van Global Force Transport toe die voorval Woensdag by Borchards Quarryweg naby Kaapstad Internasionale lughawe plaasgevind het. Hy het ʼn skedelfraktuur en erge breinskade opgedoen. EWN berig dat Stewart se gesin beplan om sy organe te skenk nadat hulle Dinsdagoggend die masjiene wat hom aan die lewe hou gaan afskakel. Sy suster, Michelle Fischer, sê haar broer se toestand het nog nie verander sedert hy ses dae gelede in die hospitaal opgeneem is nie. Michelle en haar man, Henry, is die eienaars van die vervoermaatskappy vir wie Gary werk. Lees meer hier.

Die Ekurhuleni metropolisie het intussen Maandag bekendgemaak dat 42 vragmotors reeds sedert die begin van die vervoerstaking aangeval, geplunder of uitgebrand is. Kobeli Mokheseng, ʼn woordvoerder, sê 45 mense is reeds in verband met geweld en beskadiging van eiendom. Vragmotorbestuurder van die vervoervakbond Satawu staak sedert 24 September weens ʼn loonverhoging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

christine naude ·

‘n Bobbejaan bly maar ‘n bobbejaan…ipv dat hulle bly is hul het darem nog ‘n werk, breek hulle net af..daar is duisende mense sonder werk, wat maar te bly sal wees oor daardie salaris wat hul nou so oor baklei. BAIE JAMMER om te hoor van die man se dood, mag sy famlilie vertroosting ontvang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.