Vervoerstaking: Sommige kitsbanke reeds sonder kontant

Die landswye staking in die vervoerbedryf het reeds veroorsaak dat sekere kitsbanke in Kaapstad en Johannesburg Saterdag nie meer kontant beskikbaar gehad het nie.

Lede van die South African Transport and Allied Workers’ Union (Satawu) het Maandag met ‘n staking begin om op ‘n 12% loonverhoging aan te dring. Sommige werkers wat vir die kontantwa-sekuriteitsmaatskappye werk, het ook by die staking aangesluit wat die aflewering van kontant aan die kitsbanke beïnvloed.

Stuart Grobler, bestuurder van die Bankvereniging van Suid-Afrika, het gesê nie alle banke word beïnvloed nie, berig EWN. Kliënte moet verskillende OTMe probeer indien hulle nie regkom nie.

Daar is ook vrese dat vulstasies sonder brandstof kan sit weens “paniekerige aankope” deur sommige klante.

Intussen het loononderhandelings tussen vakbonde en die Padvragbestuursvereniging (RFEA) duur steeds voort in ‘n poging om ‘n ooreenkoms voor die einde van die naweek te bereik. Die arbeidshof het Vrydag ‘n interdik uitgereik wat geweld en intimidasie onder stakende werkers verbied en hulle verhoed om wapens te dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.