ʼn Jong verwagtende egpaar van New York is in ʼn motorongeluk oorlede terwyl hulle op pad was na ʼn hospitaal vir die geboorte van hul eersteling.
ABC berig dat Nathan en Raizy Glauber, albei 21, ʼn motor gehuur het om hulle na die hospitaal te vervoer. Terwyl hulle onderweg was na die hospitaal het ʼn ander voertuig in hulle motor vasgery in Brooklyn, New York. Die egpaar is in die ongeluk oorlede. Hulle seun is op die toneel gebore en is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal vervoer. Die bestuurder van die ander motor het van die toneel gevlug. Die polisie ondersoek die saak.