Verwarring oor Mandela-kennisgewing

‘n Afskrif van die kennisgewing wat in EWN se besit is. Foto: Thando Khubeka

Die Nelson Mandela-stigting het Maandag daarop aangedring dat ʼn kennisgewing van die stad Johannesburg oor ʼn agterstallige diensterekening wat by oud-president Nelson Mandela se huis afgelewer is, foutief is.

Sello Hatang, woordvoerder van die stigting, het gesê die kennisgewing dat Mandela R6 468.48 agterstalling is, is by die verkeerde adres afgelewer.“Die adres is verkeerd,” het hy gesê. Die adres op die kennisgewing is uitgereik aan Fourthstraat 49, Oaklands. “Ek verstaan nie waaroor die bohaai gaan nie, die adres sê duidelik dit is Oaklands, Mandela bly in Houghton Estate.”

Volgens ʼn kaart van Johannesburg wil dit voorkom of Mandela se huis op die grens tussen Oaklands en Houghton Estate geleë is.

Maroela Media het vroeër vandag berig ʼn afskrif van dié kennisgewing is in die besit van Eyewitness News, wat dit ook op hul webwerf publiseer het. Lees meer hier.

Die stad Johannesburg het nog nie kommentaar oor die voorval gelewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.