Verwoerd-naamsverandering gekritiseer

Laerskool Dr. Verwoerd. Foto: Google Street View

Die Vryheidsfront Plus het Vrydag die besluit om ʼn skool in Meyerton, wat na Hendrik Verwoerd vernoem is, se naam te verander, sterk gekritiseer.

Jaco Mulder, leier van die VF Plus in Gauteng, sê die besluit deur Timothy Nast, burgemeester van die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit, was geneem om polities korrek te wees. Mulder het Nast daarvan beskuldig dat hy die ouers en die skool se beheerliggam gedwing het om tot die “eensydige partypolitieke boodskap” in te stem deur die skool se naam te verander. Hy sê die DA se aksie is ʼn poging om steun onder swart mense te werf. “Die feit dat dr. Verwoerd die parlementêre verkiesing in 1958 as LV vir Heidelberg gewen het met Meyerton as deel van die kiesafdeling, in Januarie 1960 as eerste minister van Suid-Afrika tydens die parlementsopening aangekondig het dat ’n volkstemming oor republiekwording gehou sou word en dat die eerste openbare geleentheid wat Verwoerd ná dié aankondiging gehad het juis in Meyerton deur sowat 80 000 mense bygewoon is, word deur die aksies van die DA misken.”

Nast het intussen vir Mulder daarvan beskuldig dat hy ʼn politieke agenda het. “Ek is nie in die posisie om ouers en die skool se beheerliggaam te dwing om die naam van ʼn skool te verander nie. Ek is deur die skool gevra om my opinie daaroor te gee.” Volgens Nast het sowat 88% van die skool ouers gestem om Laerskool Dr. Verwoerd se naam te verander. “Minstens 480 gesinne is by die vergadering verteenwoordig. Ek ondersteun hulle besluit aangesien dit die toekoms van die kinders en van die skool in ag neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

H J Bester ·

As ons in Suid-Afrika begin om name van skole, geboue, strate, dorpe ens, vernoem na eertydse leiers of ander openbare figure, te verander, gaan ons onsself baie gou in ‘n onuithoudbare situasie bevind en ‘n nimmereindigende proses aan die gang sit. Iemand sal altyd “aanstoot” neem teen ‘n naam waarvan hy nie hou nie en dit wil verander. En omdat dit nie in alle gevalle kan gebeur nie sal daar oor alle grense heen verlief geneem moet word met sekere name en vernoemings en dit so behou. Almal in die land sal moet leer om name te eerbiedig.

Sarel Pretorius ·

Die name wat gegee is was korrek en het die VOLKSTROTS weergee. Hierdie persone was deel van die BOEREVOLK wat geveg het vir dit wat mense soos jy ewe ongerg onder die tafel kan INGOOI!
Daar bestaan geen volkstrots nie,geen trots op jou erfenis nie. Wat het hierdie goggas gebou in hierdie land? Toe die beskawing aan die suidpunt van die Kaap gestig is het hulle riempies gedra en in kleihuise gebly,EN DIT NA 9 MILJOEN JAAR ! Geen wonder hulle word beskou as die AGTERGEBLEWENES nie! Hulle kon in 9 miljoen jaar nie die wiel uitvind nie! Alles wat hulle om hulle sien is deur die witman verskaf en ontwikkel,ja selfs die klere,selfone,voertuie en huise waarin hulle woon kom van die witman! Is sommige blankes so onnosel om dit nie te besef nie! Hulle steel alles in die land van die witman, ekonomie, regerings geboue, uitsaaiwese,skole ens. En hulle eien hulle die reg toe om die witman te vertrap! En dan is daar nog mense soos jy wat uit sotheid spreek en alles net om jouself gaan?
Maar JY IS REG wat alles betref lees gerus:
Esra 9 vers 2
” Want hulle het van hulle dogters vir hulleself geneem,sodat die heilige (afgesonderde) geslag hom met die volke van die lande vermeng het:; en die owerstes en die leiers (soos De Klerk en sy volgelinge en die predikante) het in hierdie ONTROU eerste die hand gehad.”
Het die God wat hierdie stelling gemaak het sy gedagte gang verander? Is dit die God wat in Sy Woord vir ons aanmaan met die woorde dat,omdat ons nie na Hom geluister het nie (verbastering) Hy nie langer hierdie volke voor ons sal uitdryf in die land wat Hy aan ons gegee het nie? “Hulle sal ‘n doring in jou oog wees en ‘n angel in jou sy” Het Hy nie gese dat Hy ons sal tart met ‘n dwase nasie,’n nasie wat nie ‘n nasie is nie! Het ons nie slawe wat geen regte het,in ons land geword nie!
Hierdie blanke volk wat hulle beginsels en alles wat vir hulle en hulle voorouers kosbaar was verwerp het en nou slawe onder ‘n goddelose volk geword het !
Nie voordat elke knie (ons volk) voor Hom gebuig het en die Waarheid in Sy Skrif aanvaar en bely sonder vrees nie,is daar geen hoop vir ons nie! LOS DIE KERKE EN BEGIN DIE SKRIF BESTUDEER<LEER DAN DIE WIL VAN GOD EN STAAN OF STERF DAARBY!
Groete
Sarel Pretorius

Gemsbok ·

Ek stem saam dat die naam verander moet word.

Dr Verwoerd het gestaan vir hardwerkendheid, eerlikheid, offervaardigheid, uitnemendheid, ekonomiese vooruitgang waarby almal baat, Christenskap, gelykwaardigheid van verskillende kulture wat op gelyke voet met Engels moet kan kompeteer, die vermyding van onhaalbare verwagtinge en moedertaalonderrig as vereiste vir spoedige intellektuele ontwikkeling.

Nie een van hierdie waardes kan meer met die publieke onderwysstelsel geassosieer word nie.

Dit is ook waarom die nuwe bedeling so vir Verwoerd demoniseer. Dit gee hul ‘n voorskoot om agter weg te kruip sodat niemand kan vra waarom Verwoerd ‘n groter positiewe invloed op swart lewenskwaliteit, geletterheid en verwagte lewensduur gehad het as die ANC nie.

Maar ek is nie hier om te veg vir ‘n beter verlede nie.

Die poging om die onserwysowerhede te paai sal die transformasie en Afrikanisering van die laerskool nie met ‘n enkele dag uitstel nie.

Ons kinders en kleinkinders sal beter af wees as ouers betyds in onafhanklike onderwys begin belê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.