Verwydering van leeu-plakkate was ‘ongrondwetlik’

Foto: Werner Beukes/SAPA

Foto: Werner Beukes/SAPA

Die hooggeregshof in Johannesburg het beveel dat die Lughawensmaatskappy (Acsa) en Primedia ongrondwetlik opgetree het deur ‘n advertensieveldtog op die O.R. Tambo-lughawe te sensureer.

Avaaz, ʼn internasionale nie-regeringsorganisasie, het die twee maatskappye hof toe gevat nadat sy plakkate wat ’n leeu, ’n rewolwer en president Jacob Zuma uitbeeld by die lughawe verwyder is. Op die plakkate het gestaan: “Pres. Jacob Zuma kan haar red.” Die plakkate was deel van ʼn veldtog om Suid-Afrika se leeus te beskerm teen onder andere geblikte jag en die uitvoer van leeubeendere na die Ooste. “Die hof se besluit is ʼn oorwinning vir alle burgers wat nou ʼn beroep kan doen op pres. Zuma om die wrede handel in leeubeendere stop te sit voor leeus finaal uitgewis word,” het Emma Ruby-Sachs, Avaaz se koördineerder, gesê. Avaaz sê Acsa het Primedia gevra om die plakkate te verwyder aangesien hulle bekommerd was dat die insluiting van pres. Zuma se naam en foto in die plakkaat ʼn “openbare betrekkinge nagmerrie” sou veroorsaak. Unathi Batyashe-Fillis, woordvoerder van Acsa, sê hulle sal kommentaar lewer nadat hulle die uitspraak bestudeer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Naal de Koker ·

Wat van…..“Die hof se besluit is ʼn oorwinning vir alle burgers wat nou ʼn beroep kan doen op pres. Zuma om die wrede aanvalle en moorde op blankes stop te sit voor ons finaal uitgewis word,”

Dalene ·

Wie het Acsa probeer beskerm? Zuma ? Ek dink ons wilde diere veral die GROOT VYF en na my mening, ook die jagluiperd,MOET ten alle koste beskerm word!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.