Vetstes in die land aangewys

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) het Maandag in ʼn verslag bekend gemaak watter ras en geslag die meeste met vetrolletjies worstel.

“Omtrent een derde van swart Suid-Afrikaanse vroue is oorgewig,” het SAIRV in die verslag gesê. Hierdie inligting is vervat in die SAIRV se 2012-uitgawe van die South Africa Survey, ʼn jaarlikse publikasie waarin ʼn groot hoeveelheid inligting uit verskeie eksterne bronne saamgevat word.

“Kleurling-, wit en Indiërvroue is kort op hul hakke met omtrent ʼn kwart van die bevolking wat in al drie gevalle oorgewig is,” sê die verslag.

By die manne lyk die prentjie egter anders. Sowat 18% van alle wit mans is oorgewig, gevolg deur 9% Indiërmans, 8% kleurlinge en 6% swart mans.

SAIRV het dié inligting uit syfers van die Suid-Afrikaanse Mediese Raad saamgestel. Mense met ʼn liggaamsmassa-indeks van meer as 30 word as oorgewig geklassifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.