Vetsug ‘n al groter probleem

‘n Mediesefondsskema het Woensdag gesê dat talle oorgewig Suid-Afrikaners in ontkenning leef oor hul gesondheidstoestand.

Nuwe navorsing het aangedui dat 78% van vetsugtige mense en 52% van uitermatig vetsugtige mense glo dat hulle in “ ‘n goeie gesondheidstoestand” verkeer, berig EWN. Graham Anderson, hoof uitvoerende beampte van Profmed, het egter aangedui dat mediesefondspremies hoër is vir persone wat ekstra kilo’s ronddra. Anderson het ook aangedui dat vetsugtige pasiënte aan ‘n hoër risiko blootgestel is wanneer hulle operasies moet ondergaan.

“Vetsugtige persone moet gesond genoeg wees vir sjirurgie en om narkose te ontvang. Indien jy ‘n aantal kroniese toestande onderlede het en boonop vetsugtig is, is jou risiko hoër wanneer jy narkose moet ontvang,” het Anderson bygevoeg. Volgens Anderson is 61% van die bevolking oorgewig, maar talle wil nie erken dat hul gewig ‘n probleem is nie. “Ek dink daar is mense wat net niks daaraan wil doen nie. Hulle is gretig om ‘n ekstra stukkie sjokolade of melkskommel te verorber en hulle doen nie oefening nie. Mense onderskat hoe belangrik oefening is, nie bloot net vir jou gewig nie, maar vir talle ander kroniese toestande soos hoë bloeddruk of diabetes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melissa ·

Mens sien al hoe meer en meer mense wat oorgewig is deesdae, dit is eintlik ‘n skande, dit gaan duidelik nie te sleg met die ekonomie as meer en meer mense so lyk nie. Die ergste vir my is dat mense hulle kinders ook laat vet word, ek persoonlik dink dit is kindermishandeling!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.