VF+ gaan klag lê oor bejaarde vir pensioengeld moes sing

Argieffoto

Die Vryheidsfront Plus het Donderdag gesê hy gaan ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) indien nadat Ria van Straaten, ‘n 84-jarige verswakte bejaarde van Newcastle, gedwing is om te sing voordat beamptes haar staatspensioen aan haar uitbetaal het.

Die party eis ook die onmiddellike afdanking van al die personeel wat by die voorval betrokke was en dring daarop aan dat die persone beveel word om Van Straaten te vergoed vir die trauma en vernedering wat sy deurgegaan het.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se woordvoerder oor maatskaplike aangeleenthede, sê Van Straaten is steeds so getraumatiseerd en verneder dat sy nie oor die voorval wil praat nie. “Ons gaan ‘n klag by die MRK en die staatsdienskommissie teen die personeel en bestuurder van die betrokke kantoor indien. Die staatsdienskommissie moet dit ondersoek en ons dring daarop aan dat die skuldiges nooit weer in enige pos in die staatsdiens aangestel word nie,” het Alberts gesê.

Maroela Media het vroeër berig ʼn beampte van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), het verlede maand geweier om Van Straaten te help alvorens sy nie oor die interkomstelsel sing nie. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Annemarie Pretorius ·

Dit is WONDERLIKE NUUS!!!! As dit my ma was het ek hulle met my kaal hande verwurg!!! Dankie Dankie Dankie vir dit wat julle vir ons Afrikaner volk doen, sonder julle is ons hande afgekap!!!
Laat hulle vir EENS EN VIR ALTYD LES OPSE!!!!

Marlene ·

Dit is die beste nuus wat ek nog gehoor het die week.Ek bid dat die klag goeie vrugte sal gee en dat die spul wat die tannie so verneder het aan die kortste end sal trek. Sterkte aan die gene wat hierdie saak aanpak, in die gees is ek met julle.Mag God ons Volk weer oprig dat ons (Die Boervolk) ons regmatige plek in die land weer sal in-neem

Stompie ·

Jaaa-neee !! Thy brains (if they got) is devided in two part’s….da left and da right….Da-left is nothing right,and da-right is nothing left.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.