VF+ hof toe oor e-tol

tol-300x19911Die Vryheidsfront Plus het ʼn hofaansoek gebring vir ʼn interdik teen volgende week se implementering van die omstrede e-tolstelsel op Gautengse hoofweë.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer, sê die aansoek sal Maandag in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word, ʼn dag voor die e-tolstelsel in werking moet tree. Alberts sê die regering het tegniese foute begaan met die aankondiging van die implementeringsdatum van e-tol. ”Ingevolge die Sanralwet moes veertien dae verloop vanaf die aankondiging tot die inwerkingstelling van die e-tolwet wat in effek beteken dit kan eers op 4 Desember in werking tree. Die aankondiging hieroor kon ook net deur die minister gedoen word, terwyl dit in hierdie geval deur ‘n waarnemende direkteur-generaal gedoen is.Die VF Plus, sy vennote en sy regspan is vas daarvan oortuig dat die interdik toegestaan sal word en dat ons ‘n belangrike oorwinning sal behaal vir alle padgebruikers wat meen dat e-tol ‘n onregverdige en onnodige vorm van belasting is,” sê adv. Alberts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.