VF Plus gaan beampte by MRK aankla oor ‘rassistiese’ Oscar-artikel

'n Skermskoot van die webtuiste waar die artikel verskyn

‘n Skermskoot van die webtuiste waar die artikel verskyn

Die Vryheidsfront Plus gaan die Menseregtekommissie (MRK) versoek om ondersoek in te stel na beweerde rassistiese aanmerkings deur Sandile Memela, ʼn hoofdirekteur in die departement van kuns en kultuur, in ʼn artikel oor Oscar Pistorius.

“Die VF Plus sal elke moontlike stap neem om te verseker dat daar teen Memela opgetree word,” het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, gesê. In ʼn artikel op die Mail&Guardian se Thought Leader-webtuiste vra Memela of Pistorius tans op verhoor sou wees indien hy ʼn swart man vermoor het. Die artikel is getiteld ‘Oscar would be a hero if Reeva was a black man’. “Daar is geen twyfel in minstens my gedagtes dat Oscar vergewe sou word indien hy ʼn swart man wat by sy huis ingebreek het ongenadiglik sou doodmaak nie,” skryf Memela. “Jy sien wanneer sommige wittes wapens koop en bymekaarmaak is dit om twee goed dood te maak naamlik diere en swart mense.” Mulder sê Memela se uitlatings is rassisties en dra nie by tot nasiebou nie. “’n Mens verwag hierdie uitsprake van niemand in die land nie, en allermins van ‘n senior amptenaar in die staatsdiens. Ons beskou dit as haatspraak in die ergste graad en vorm. Die skade wat sulke uitlatings aan nasiebou aanrig, is onmeetbaar. “Die VF Plus sal elke stap moontlik volg om te sorg dat teen Memela opgetree word. Ons dring ook daarop aan dat hy onmiddellik geskors word en dat die departement sy uitlatings onverwyld ondersoek, sê dr. Mulder.

Mogomotsi Mogodiri, woordvoerder van die departement van kuns en kultuur, sê Memela het die artikel in sy persoonlike kapasiteit geskryf. “Sy uitsprake is nie die van die departement nie.” Hy sê Memela het die artikel geskryf as deel van openbare debat wat vryheid van uitdrukking en vryheid van spraak versterk. “Ons wil hê mense moet met Memela in gesprek tree oor sy idees sodat ons openbare debat kan verryk in die gees van nasiebou en nasionale samehorigheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Trudie Menezies ·

Die mens het ‘n verwronge idee oor nasie bou! Genade, hulle haat ons vreeslik!

Kellies ·

Hy sal niks oorkom nie want hy gaan maar net apartheid die skuld gee en hy is swart.

AmY ·

Ek het gesien hoe die ANC se vroueliga so by die hof saamdrom. Waar is hulle as ‘n wit vrou deur ‘n swart man verkrag en doodgemaak word? Wonder maar net…

amelia ·

Ek sou n” inbreker” skiet om dood te skiet wat soek hy in my huis” Inbrekers ” breek nie in om koffie te drink nie hul breek in om te moor so is eienaar of skelm

amelia ·

stem saam met jul albei hier bo Lyk nie of my kommentaar geplaas word nie 3de keer al verwyder “Inbrekers” drink ni koffie nie Ons weet mos almal hoeveel plaasmoorde is da

At ·

Trudie, dis nie net haat van hulle kant af nie, lees maar die kommentare van die wit mense op hierdie web dan sal jy sien hoeveel witmense die swartes haat met n passie.

VerVanRyn ·

At, is dit haatspraak as dit die waarheid is? As daar ‘n algemene tendens is wat ‘n kommentaar kan staaf is dit werklik geskryf oor die persoon die ander ras haat of omdat hy net wil uitwys wat duidelik soos daglig is, maar die ander party net nie wil glo nie? Van hoeveel plaasaanvalle het jy al gehoor waar die booswigte net vinnig in gehol het, iets gesteel het en weer uitgehol het sonder om die boer en sy familie te verkrag EN/OF martel EN/OF vermoor?

Nicoline ·

Nooit.Hulle moor ons oor hul jou wit herkoms haat.Geen witmens moor ‘n swarte sommer net uit haat nie…nooit…net DALK as jy jou self teen ‘n wreedaard moet beskerm.

At ·

Amelia, dit lyk my myne verdwyn ook, weer probeer.
Trudie, dis waar dat n groot gedeelte van die swart mense ons haat, maar het jy al gesien hoeveel haat uit wit mense se kommentare teenoor swart mense op hierdie web geplaas word. Ek skaam my elke dag vir daardie mense.

Grassie ·

Ons as Afrikaanssprekende wit volk word voortdurend geminag en verguis deur die huidige heersers in die land. Ons taal word onderdruk, Afrikaanssprekende skole en universiteite word “getransformeer” – kyk maar wat gebeur nou by Puk. My kinders en kleinkinders sit in Australië, nie omdat hulle daar wil wees nie, maar omdat hulle slagoffers was van swart bemagtiging. Ons belastinggeld word geplunder en gesteel. Boere op plase word aangeval en vermoor. Ek kan met hierdie lys aanhou en aanhou – blaaie vol. So, ek is een van die mense waarvoor jy jou skaam. Ek skaam my weer vir mense wat, ongeag die onreg wat ons aangedoen word, steeds by hulle kruip.

Janine ·

Vryheid van spraak? Dit geld blykbaar net vir sommiges in hierdie grap van ‘n land! Belaglik! Ek dink eerder as hy ‘n swart inbreker doodgeskiet was hy klaar gevonnis en in die tronk. Tsk.

pop ·

Janine jys reg< Memela sit die pot ver mis< Ons word afgemaai, baie wreed ook, meer boeta raak nou aan n swarte. En dis seker ons reg om te kies van wie ons hou of nie. Ek verkies regtig om te meng met mense wat dieselfde waardes as ek het, en dit sluit in om respek te he vir n ander se siening, ras en lewe!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.