VF Plus kandidaat wou glo man vermoor

ʼn Vryheidsfront Plus-kandidaat in 2011 se munisipale verkiesing het glo saamgesweer om haar man te laat vermoor.

Die City Press berig dat Nell-Mari Cooke (30) glo saam met haar tuinier en ʼn vermeende bendelid saamgesweer het om haar 33-jarige man Martin te vermoor. Cooke het Dinsdag in die Worcester landdroshof verskyn. Martin het glo verlede week van die beplande moord uitgevind toe hy ʼn brief in die posbus gevind het. In dié brief is verwys na beloofde geld vir die moord op hom. Hy en sy vrou is vervreem. Cooke het in die hof ontken dat sy haar man wou vermoor. Haar medebeskuldigdes is staatsgetuies en sal teen haar getuig. Sy is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.