VF Plus: “Maak plaasmoorde ‘n prioriteit”

Plaasmoorde moet as ʼn prioriteit beskou word in die lig van die styging in misdaad vanjaar, het die Vryheidsfront Plus Woensdag gesê.

“Die moord op nog ʼn boer [by Buffelshoek] is onaanvaarbaar en die Vryheidsfront Plus is bekommerd oor die styging in plaasmoorde sedert die begin van die jaar,” het die party se leier in Noordwes, Pieter Groenewald, in ʼn verklaring gesê. David Hall (49) is Maandag op sy plaas vermoor terwyl hy en sy vrou koeie gemelk het. Sy vrou is vasgemaak en aangerand. Groenewald sê volgens onlangse navorsing is die kans drie keer meer vir ʼn boer om vermoor te word in ʼn plaasaanval as vir ʼn veiligheidswag om vermoor te word tydens ‘nm transitorooftog. “Ons vra al vir lank dat plaasmoorde, net soos transitorooftogte, as ʼn prioriteitsmidaad verklaar word.” Groenewald sê die vryheidsfront Plus sal voortgaan om dié kwessie in die parlement te opper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.