Die Vryheidsfront Plus sê die voorgestelde nasionale gesondheidversekeringstelsel (NGV) mag dalk ongrondwetlik wees.
ʼn Woordvoerder van die party, Anton Alberts, sê dit is strydig met artikel 18 van die grondwet wat vryheid van assosiasie verseker. Hy sê Suid-Afrikaanse belastingbetalers word reeds erg belas en dat nog belasting in die huidige ekonomiese klimaat die werkende middelklas verder sal benadeel. Die Suid-Afrikaanse mediese en tandheelkundige praktisyns (SAMDP) het egter verlede week se publisering van die NGV-groenskrif verwelkom. Die vereniging sê in ʼn verklaring die NGV sal die toegang tot en kwaliteit van gesondheidsorg verbeter vir alle Suid-Afrikaners, ongeag van hulle vermoë om daarvoor te betaal. SAMDP sê kritici van die NGV vergeet dat Suid-Afrika gemiddelde lewensverwagting sowat 48 jaar is en dat dit meer skadelik is om niks hieraan te doen nie.