VF+ vandag in hof oor e-tol

tol-300x19911Die Vryheidsfront Plus wend homself vandag tot die hooggeregshof in Pretoria om ʼn interdik te bekom in ʼn laaste poging om die omstrede e-tolstelsel op Gautengse hoofweë te keer voor dit Dinsdag in werking tree.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer, het verlede week gesê die regering het tegniese foute begaan met die aankondiging van die implementeringsdatum van e-tol.  “Kragtens die Sanral-wet moes 14 dae verloop het vanaf die aankondiging tot die inwerkingstelling van e-tol. Dit beteken dat die stelsel eers op 4 Desember in werking kan tree,” het Alberts gesê. “Die aankondiging hieroor kon ook net deur die minister gedoen word, terwyl dit in hierdie geval deur ‘n waarnemende direkteur-generaal gedoen is. Die VF Plus, sy vennote en sy regspan is daarvan oortuig dat die interdik toegestaan sal word en dat ons ‘n belangrike oorwinning sal behaal vir alle padgebruikers wat van mening is dat e-tol ‘n onregverdige en onnodige vorm van belasting is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henko ·

Alle sterkte Adv Alberts. Intussen word verneem Aarto gee ook sy steun – geen e-tol skyfie, dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.