Video: 10-jarige red baba uit brandende gebou

Zna Gresham

Zna Gresham (10) van Georgia in Amerika het ‘n pasgebore baba gevang wat uit ‘n woonstel op die tweede verdieping gegooi is nadat ‘n brand in dié gebou uitgebreek het.

Die familie in die woonstel was vasgekeer nadat die brand op die grondvloer uitgebreek het. “Die ma het geen keuse gehad as om haar drie kinders uit die venster te gooi nie,” het Christopher Morrison, hoof van die brandweer by DeKalb County, gesê. “Die rook het so vinnig na die boonste verdiepings begin styg dat hulle nie hul weg na buite kon vind nie. Hulle het na ‘n venster gegaan en die kind na die mense, buite op die sypaadjie, gegooi.”

Gresham en haar suster het buite gestaan en die 10-jarige kon die een maandoue baba vang voordat sy die grond getref het. Die 2-jarige en 3-jarige kinders het geringe beserings opgedoen. Al drie kinders is na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling. Twee volwassenes is ook in die brand beseer, berig die Augusta Chronicle.

“In ons familie sorg ons vir ons bure, maak nie saak wat gebeur nie,” het Gresham gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.