Video: 10 walvisse dood ná dosyne strand

walvisse evergladesDie video volg onderaan die berig. Altesaam 10 walvisse van die dosyne wat by die Everglades nasionale park in Florida, Amerika, gestrand het, is nou dood.

“Vier van die walvisse is Woensdag van kant gemaak. Ses het reeds gevrek,” het Blair Mase, woordvoerder vir die Nasionale Oseane en Atmosferiese Administrasie, gesê.

Reddingswerkers het tevergeefs probeer om die walvisse na dieper water te lok. Nagenoeg vier dosyn walvisse het Dinsdagmiddag in die water, sowat 1m diep, gestrand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.