Video: 100 St Francis-huise brand af

Die verwoestende vuur wat Sondag minstens 100 huise in St Francis vernietig het.

Minstens 100 huise het Sondagmiddag en -aand afgebrand in ‘n verwoestende brand in St Francisbaai in die Oos-Kaap. Teen 22:00 het brandbestryders steeds teen die vlamme geveg as gevolg van ‘n sterk westelike wind.

Alle beskikbare brandweerwaens is ingespan om die vlamme te help blus, en nog hulp is ingeroep van die Nelson Mandelabaai- en Koukamma-munisipaliteite se brandbestrydingseenhede.

Volgens Laura-Leigh Randall, woordvoerder van die Kouga-munisipaliteit, is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie, maar het dit skynbaar omstreeks 17:30 ontstaan by die Royal Wharf-ontwikkelings, wat hoofsaaklik meenthuise is.

Alle inwoners in die omgewing is versoek om hul huise te verlaat en ‘n tydelike koördineringsentrum is by die plaaslike polisiestasie ingerig.

Enigiemand met brandbestrydingsondervinding is versoek om hul hulp aan te bied, berig die St Francis Chronicle. Indien jy jou hulp wil aanbied, skakel 042 200 1800.

Meer inligting volg.

Foto: Twitter


Foto: Twitter


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.