Video: 11-jarige sal “eerder sterf” as om gedwing te word om te trou

Nada Al-Ahdal

Nada Al-Ahdal (11) van Sana in Jemen het na haar oom, Abdel Salam al-Ahdal gevlug toe sy uitvind haar ouers het planne om haar met ʼn ryk man in die eg te verbind.

Nada het glo drome om ʼn ster te word en om ander kinders te help wat op ʼn jong ouderdom in huwelike gedwing word. Nada sê sy wil nie meer iets van haar familie weet nie en sal eerder sterf as om teen haar wil met iemand te trou.

Die video, wat op YouTube gelaai is, is binne drie dae reeds byna 6.5 miljoen keer gekyk.

http://youtu.be/-J7_TKgw1To

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.