Video: 15-jarige held red ontvoerde dogtertjie

Temar Boggs en Jocelyn Rojas

ʼn 15-jarige tiener word as ʼn held beskryf nadat hy ʼn ontvoerde vyfjarige gered het.

Minute nadat Temar Boggs (15) uitgevind het Jocelyn Rojas (5) word vermis, het hy ʼn verdagte motor in sy buurt opgemerk.

Boggs het Donderdagmiddag saam met vriende by ʼn woonstel in Lancaster, Pennsylvania in Amerika gekuier toe hy die nuus gehoor het. Hy en ʼn vriend, Chris Garcia, het op hul fietse gespring om na Rojas te help soek, berig Lancastar Online.

Hy het aan verslaggewers gesê een motor het veral sy aandag getrek. Die voertuig het glo op ʼn koppie naby Garcia se woonstel omgedraai, waar verskeie polisiebeamptes gestaan het. Die voertuig het hierna in en uit systrate in die buurt begin draai, wat glo vol doodloopstrate is.

Boggs het die motor op sy fiets agternagesit. Hy het naby genoeg aan die voertuig gekom om ʼn dogtertjie in die motor te sien. Hy het oogkontak met ʼn ouer wit man in die motor gemaak, wat glo groot genoeg geskrik het om Rojas uit die voertuig te laat.

“Sy het in my arms in gehardloop en gesê ‘ek wil my mamma sien’,” het Boggs gesê.

Hy het haar na die polisie geneem wat haar veilig in haar ma se sorg gelaat het.

Die verdagte, wat as ʼn wit man tussen 50 en 70 jaar oud beskryf word, is steeds op vrye voet, berig Fox59. Hy het ʼn donkerrooi motor met ronde agterligte gery en het groen skoene, ʼn groen broek en ʼn rooi-en-wit gestreepte hemp aangehad. Hy loop glo mank.

http://youtu.be/Js_RQHKL_HQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elza ·

gee die jongman enige iets wat hy wil he.. hy verdien dit. dankie Here vir mense soos hy.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.