Video: 19 brandbestryders dood

Die groep brandbestryders wat in die brand omgekom het Foto: http://www.news.com.au/world-news/nineteen-firefighters-confirmed-dead-in-yarnell-arizona/story-fndir2ev-1226672863025

Die video volg onderaan die berig. Meer as 1 000 mense het Maandagaand die herdenkingsdiens bygewoon van 19 elite brandbestryders wat Sondag tydens ‘n brand in Arizona, Amerika, oorlede is.

Die brandbestryders is dood nadat hulle in een van die dodelikste brande in Amerika vasgevang is. Talle huise is vernietig en twee klein dorpies moes ontruim word.

“Die hele span is dood,” het Dan Fraijo, hoof van brandweer in Prescott, aan The Guardian gesê. “Ons is verslae. Ons het 19 van die beste mense wat jy ooit sal ontmoet, verloor.” Een lid van die 20-man span was egter besig om die voertuig te skuif en het oorleef. Hy is glo in ‘n stabiele toestand volgens news.com.au.

“Die groep se veiligheidsone was glo nie groot genoeg nie en die brand het hulle oorval. Teen die tyd dat ander brandbestryders by die toneel opgedaag het, was dit reeds te laat,” het Art Morrison, woordvoerder vir bosbou, gesê.

Die groep brandbestryders was deel van ‘n elite groep wat lang afstande met kettingsae en rugsakke vol swaar toerusting aflê om beskerming tussen mense en brande op te rig.

Die brand het Vrydag naby Yarnell, sowat 120 noordwes van Phoenix, uitgebreek. Die brand het teen Sondag reeds hoë temperature bereik en in lae humiditeit en winderige toestande oor sowat 800 hektaar gestrek. Meer as 50 huise in die gebied is ontruim.

Foto’s van die herdenkingsdiens is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.