Video: 2 dood, 180 beseer toe vliegtuig in San Francisco neerstort

Die video volg onderaan die berig. Twee mense is dood en 180 mense beseer nadat ‘n Boeing 777 van Asiana Airlines Saterdag in San Francisco, Amerika, neergestort en aan die brand geslaan het.

Ondersoekbeamptes sal na verwagting Sondag reeds met die ondersoek begin. Daar was 307 mense aan boord die vliegtuig, wat in Shanghai, China, opgestyg het, berig USA Today.

Volgens ooggetuies het die vliegtuig se stert die aanloopbaan getref net voordat die vliegtuig geland het, en die vliegtuig het glo erg geskud voordat hy uiteindelik tot stilstand gekom het.

Asiana het aangedui dat die vliegtuig nie meganiese probleme ondervind het nie, alhoewel die lugredery nie die vlieënier of die beheertoring wil blameer nie.

Twee tieners van China, wat agter in die vliegtuig gesit het, is in die ongeluk dood.

Meeste van die 291 passasiers aan boord is van China, Korea en Amerika. Volgens Dane Carnes, adjunkhoof van die San Francisco-brandweer, is 49 mense dadelik na die hospitaal geneem met ernstige beserings. ‘n Verdere 132 mense is met matige tot ligte beserings ook na hospitale geneem. Vyf mense is in ‘n kritieke toestand by San Francisco-hospitaal en drie mense is in ‘n kritieke toestand by Stanford-hospitaal. 52 mense word vir brandwonde, frakture en inwendige beserings behandel.
http://youtu.be/TSWTBN5pw1M

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.