Video: 3-jarige glo geskok omdat hy bed natmaak

Screen Shot 2013-09-12 at 6.50.35 PMMeer inligting volg in die video onderaan die berig. Die polisie het beslag gelê op drie video-opnames waar ‘n driejarige glo met ‘n “taser”-geweer geskok word omdat hy sy bed natgemaak het, berig eNCA News.

Die kind se 19-jarige ma, haar broer en vriend word van aanranding en poging tot moord aangekla in verband met die voorval. Die seuntjie se ma en oom is op borgtog vrygelaat, maar die mansvriend, wat glo die seuntjie geskok het, bly in aanhouding, berig eNCA verder.

Die drie sal na verwagting volgende maand weer in die hof verskyn.

Dit is glo nie die eerste keer dat die vrou van kindermishandeling aangekla word nie. Die seuntjie is al drie keer vantevore uit haar sorg gehaal weens verwaarlosing en mishandeling. Die seuntjie en sy babasussie is dié keer by ‘n voog geplaas.

Die insetsel is deur eNCA News vervaardig en deur die kanaal op YouTube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Trippie ·

Drie maal uit haar sorg verwyder … en die ma is 19 … liewe hemel tog, sy moet self “nog doek dra” … nie die naam “ma” werd nie !!!

Dis in ALLE opsigte verkeerd … ek hoop van harte elkeen aandadig gaan vir ‘n laaaaaang tyd agter tralies deurbring. Sulke vroumense se baarmoeders moet verwyder word en die mans … wel, vasektomie kan omgekeer word – enige voorstel van die mans wat hier gaan deelneem ?

german ·

Chop af en ruk uit! Net jammer dat daar nie so eenvoudige oplossing is om die klein mensie se psige te herstel nie.

Jasper ·

Slegter as dagga. Wens ek kan my hande om daardie lummel se nek sit. Hulle moet in die tronk vrot terwyl hulle elkedag dieslfde “treatment” kry.
n Teefhond doen dit nie eers aan haar kleintjies nie.
Walglike drek.

Jasper ·

Probeer weer. Om nog n video van die besigheid te maak. Hoop hulle kry dieselfde behandeling in die tronk.

Trippie ·

Jasper … lyk my ons is ‘n uitgesoekte groepie wie se replieke op ‘n gereelde basis verwyder word – Vryheid van spraak by die venster uit !

Jasper ·

Ek wil graag weet hoe lewer mens kommentaar oor n veragtelike, barbaarse daad. wat iemand gepleeg het. Oor bg geval het ek genoem dat n teefhond dit nie eers aan haar kleintjies doen nie. Ek het nie gesê dat die vrou n teef is nie. Hulle moet op FB gaan kyk hoe lyk dit waar die Yanks mekaar aanvat oor politiek. Dit beskou ek as sensorwaardig.

JAVR ·

Weet julle dis van daai mnr Bester en kie op was dat ons so gesny word! Ja vryheid van spraak tel net as dit is wat hulle ook dink!

Mariette ·

Hoekom word ‘n 3 jarige terug in haar sorg geplaas na 1 ste mishandeling???? Hoeveel pyn en lyding moet ons kinders deurgaan voor die howe intree???? Regtig na 1ste mishandeling moet kinders uit sulke ouers se sorg verwyder word en by ouers geplaas word, wat hul met liefde sal opvoed. Daar is derduisende mense wat smag na ‘n baba, peuter, kleuter of enige kind en wat hul met liefde sal versorg en opvoed soos hul eie. Hoekom moet ons kinders eers verniel, mishandel, verkrag, vermoor en wat nog voor iets drasties aan hierdie saak gedoen word? Breek my hart hoe onskuldige Godgegewe mensies se lewens so verwoes moet word, voor die sogenaamde “Groot mense” iets omtrent die saak doen.

Amanda ·

Soveel goed om te sê… Dit is ‘n onvolmaakte wêreld. Wens dit was anders vir daardie twee kinders. Iemand wat so iets sal doen aan hulle eie kind het regtig groot probleme in die kop.

Jasper ·

Dit my persoonlike opinie dat die person of persone wat op hierdie forum sensuur toepas of aspris is of weinig kennis en ervaring van sy taak het.

Jasper ·

Nadat ek hierdie gal gebraak het, was my kommentaar skielik weer terug op sy plek en ek het gedink dat ek my naam nou krater gemaak het. Net om later te vind dat dit weer verwyder is.
Ek is nog nie kêns nie en ook nie gesuip nie, nog minder iemand se fool.

sophia ·

Hi sulke mense is siek in die brein hulle hoort nie in die samelewing nie waar plaas jy die kinders in die eerste plek weer in die ma se sorg as sy hulle reeds mishandel het sy hoort in die tronk nou moes die klein dingetjie al die trauma deur gemaak het skandelik hulle moet toegesluit word en die sleutels moet weggegooi word skandelik “pappa”wag vir julle ek hoop julle kry lewenslank

InaT ·

Die kleinding is seker terug gegee omdat onse goewerment nie ‘n veilige hawe meer het nie. Kinderhuise word mos swak deur goewerment ondersteun, en dis nie so maklik om kiddies aan te neem of te pleegsorg nie. Nou wat nou??? Nou val hierdie arme klein mensie deur die krake en word hy verder mishandel. My hart bloei!!!

Amy ·

Dis omdat kinders kinders kry dat DIE dinge gebeur. Ek hoop hulle albei verrot in die tronk!!! Liewe genade, daar is ouer kinders wat glipsies in die bed kry.

En waarom is hy teruggeplaas in die twee se sorg? Ja, verwyder die ma se baarmoeder. Sy mag NOOIT WEER baar nie!!! Of nee, dit sal nie gebeur nie. Sy het mos regte…

Waaksaam ·

Nee, dit is nie …. my vriendin was 17 toe sy haar dogter gehad het en sy is ‘n beter ma as wat meeste getroude ouer pare vir hul kinders is … sy is een van baie jong mammas/ouers wat ek van weet, wat werklik goeie ouers is ;-)
Hierdie is a.g.v. hoe die “kinders, wat kinders kry” groot gemaak was, in my opinie.

Christopher ·

Yes, and all the social workers do is to return the child/ren to their biological parents because the law states that re-unification with the biological parents is better than allow the children to grow up in a normal environment and to be loved by people who will really love them. We found our some from a home where he was mistreated. What love and joy he has brought into our lives. Just because you give birth to a child, does NOT make you the mother of the child. To be a mother or parents means to love and CARE for a child that cannot fend for him or herself.

Corrie van der Linde ·

Hy het seker die idee verlede jaar op Kwêla Funnies gesien, toe die mense die ouma die heeltyd so rondjaag en skok met die apparaat. Miskien moet ons bietjie meer aandag gee aan dit wat ons beeldsend want daar is baie “kinders” wat daarna kyk.

Naal de Koker ·

en SKIELIK is die kommentaar van JAVR weg waarop ek geantwoord het – WAT GAAN AAN???

christine naude ·

ek stem saam met Corrie, ek het ook vetrlede jaar “gemoan” oor daai video, dit was ook mishandeling van oumens en dan is dit wraggies nogal uitgesaai…

Kan nie glo hul gee kleinding terug vir ma wat hom mishandel en verwaarloos…. Hoop hulle sluit hulle toe en gooi sleutel weg…hulle nie mense nie…hoop iemand skok hulle ook met stokskok vir HELE dag aanmekaar…VARKE

Lande Willemse ·

Dit maak my woedend!!!!!!!!!!!! Gee daai bliksems vir my. EK sal vir hulle wys hoe werk ‘n flippen tazer-gun. Ek kan amper nie glo dat enige iemand dit aan ‘n klein kindjie kan doen nie! Dis verby wreed. Dis onmenslik!

Naal de Koker ·

Die arme kind het vir ewig ‘n letsel hierdeur. Wonder wat in sy ou koppie aangaan? dit gaan baaaie ure se terapie vat, en of dit regtig sal help, weet ek nie. Ek glo nie!

A Theyse ·

Skuim van die aarde!! NIKS kan hierdie dade regverdig nie, NIKS. Geen verskoning is aanvaarbaar nie. Dit wat ek vir elkeen van hierdie 3 “volwassenes” wens kan ek nie in woorde sit nie…

K Uys vd Westhuizen ·

Di heks moet gesteriliseer word dat sy nooit weer kinders kan kry nie. Want sy verdien nie om kinders te he nie. Ag kan die staat haar en die boyfriend nie asb vir my gee nie – belowe geregtigheid sal geskiet!!!!!!!!!!!

Anja ·

Nee wat as die ma nie wil hoor nie moet sy ma voel!!!! Dis skokkend dat die kind 3 weggevat is en toe weer terug. Hulle moet ha somme skok laat sy kan voel hoe dit voel. Die slegte teef!!!!!

Baby-J ·

Waarvoor is die kinders in die eerste plek weer terug die honde se sorg gesit??? As dit mos die eerste keer gebeur het hoekom die kinder weer terug stuur na n huis van vrees? Iemand wat n kind mishandel het, sal dit aanhou doen, maak nie saak of die donners in n ryk huis bly of arm huis bly nie, ek se maak die varke teen n paal vas en laat di gemeentskap hulle uitsort!!! Dit sal die beste oplossing wees vir mishandeling, verkragting, moord ens!!

a.lombard ·

Die moeder/vriend/vader moet berading ontvang , omdat hulle self as kind op gegroei het in ‘n gewelddadige huishouding, en het geen opvoeding ontvang wat enige gedrag kan identifiseer nie. Die Sosiale dienste moes nooit die kind terug geplaas het nie, hier het hulle gefouteer, omdat hierdie kind ook later in sy lewe hierdie gedrag as normaal sal identifiseer.

Kerkgroepe moet hierdie mense in aanraking bring met ‘n goeie sielkundige, iemand die kan terug stap op hulle verlede en daar die probleme begin aanspreek ook tesame met die ouers as die nog leef.

In ons Afrikaans sprekende gemeenskap is daar geweldig groot sosiale probleme in die laer klasse
dit is die taak van gemeentes/leiers om hierdie mense her op te voed,,,en ook gelyk die kind te help

Ons kan oordeel soveel as ons wil, maar die probleem was nooit aan gespreek vanaf die ouers nie
sommige blankes moet veel leer om met die lewe om te gaan dit is die a-sosiale groepering.

rika ·

Hoe geloofwaardig is ons maatskaplike dienste as jy kinders aammekaar teruggee vir sulke ouers. Baie hartseer. Ons is veronderstel om ons kinders te beskerm.

Maggie ·

Ek neem ons maatskaplike werkers kwalik, dit is nie die eerst keer dat hul so ‘n fatale fout maak nie. Hul gee nie regtig om vir die kinders nie solank hul net die “case” van hul skouers kan afkry. Ek sal graag wil sien dat die maatskaplike werker wat die kind terug by daardie agterlike vrotsel geplaas het, ook voor die hof gedaag word, sy/hy is net so skuldig. Gaan doen gerus bietjie ondersoek jul gaan jul hande saamslaan as jul sien hoeveel kinders kon al gered wees, as dit nie vir die swak mws was nie, ek kan baie voorbeelde noem. Mag al die betrokkenis wat bygedra het tot hierdie kind se mishandeling (hel) pes kry, en stadig vrek.

Johnny22 ·

Dit sal nogal help as julle die storie agter die storie ken voor julle sommer net kommentaar lewer, behou julle self eerder by julle eie saake voordat julle ander mense se lewens verder opf*k

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.