
Tsung Tsung, 6 jaar oud
‘n Video van Tsung Tsung, ‘n talentvolle sesjarige wonderkind-pianis van Hong Kong in Sjina, het onlangs soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.
Tsung Tsung het onlangs na Amerika gereis om spesiaal op The Ellen Show te verskyn. Hy speel klavier sedert hy drie jaar oud is en voer “Flight of the Bumblebee” op. Tsung Tsung het bekendheid verwerf toe ‘n video van sy klavierspel twee maande gelede op YouTube gelaai is. Klik hier om na dié video, wat reeds deur bykans 2 miljoen mense gesien is, te kyk.
http://youtu.be/6dLkyJJ4x3s
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Ongelooflike talent!