Video: 74 dood, honderde beseer in Egipte na sokkerwedstryd

Die foto is deur die gebruiker @msnbcphotosPXLS op Twitter gelaai.

Weermagtroepe is in Port Said in Egipte ontplooi nadat vier-en-sewentig mense dood en honderde beseer is nadat ondersteuners van twee sokkerspanne op ʼn veld gehardloop het en mekaar met klippe, bottels en vuurwerke bestook het.

FIFA beskryf die voorval “as ʼn swart dag vir sokker” en een van die dodelikste voorvalle in sport se geskiedenis. Volgens ooggetuies het ‘n stormloop gebeur nadat ondersteuners van die tuisspan, Al-Masry, op die veld gestorm het ná ‘n oorwinning van 3-1 oor Egipte se beste span, Al-Ahly. Volgens berigte is minstens 47 mense intussen in verband met die voorval in hegtenis geneem. Berigte van geweerskote is ook ontvang op die hoofpad tussen Kaïro en Port Said. Weermagtroepe is in die gebied ontplooi om die situasie te monitor. In September is minstens 80 mense beseer toe ondersteuners met die polisie slaags geraak het tydens ʼn sokkerwedstryd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.