Video: 8-jarige rook daagliks twee pakkies sigarette

ʼn Agtjarige seun wat glo twee pakkies sigarette per dag rook het die fokus geplaas op Indonesië se gebrek om die tabakbedryf te reguleer, het dié land se Kinderbeskermingskommissie Maandag gesê.

Naas kos is sigarette die tweede grootste huishoudelike uitgawe in Indonesië waar bykans die helfte van die samelewing op minder as $2 per dag oorleef. Daar is egter geen minimum ouderdom om sigarette te koop of te rook nie. Volgens die nuusagentskap Antara het die kind se pa, Umar, ʼn motorfiets-taxibestuurder, gesê dat Ilham begin rook het toe hy vier jaar oud was. “Nou kan hy twee pakkies sigarette per dag rook,” het die pa gesê.

Die seun, wat in ʼn dorpie in Sukabumi bly, raak glo aggressief en “breek ruite of enigiets” as hy nie sigarette kry nie, het die pa gesê. “Hy wil nie meer skool toe gaan nie. Hy spandeer die hele dag deur te rook en te speel.” Die regering het die belasting op sigarette verhoog, maar die kostes bly uiters laag gemeet aan internasionale standaarde. Een pakkie sigarette kos klein bietjie meer as ʼn dollar.

Arist Merdeka Sirait, voorsitter van die Nasionale Kinderbeskermingskommissie (Komnas Anak) het gesê dat dié geval die regering se gebrek om tabak te beheer uitlig. “Hierdie is ʼn bewys dat die regering teen die tabakbedryf verloor,” het hy gesê. “Die toenemende getal rokers is ʼn gevolg van die bedryf se aggressiewe bemarking aan jongmense.” Die regering verdien sowat $7 miljard per jaar uit rokersbelasting.

In nog ʼn geval, het ʼn 2-jarige seuntjie wat sowat 40 sigarette per dag gerook het, ophou rook nadat hy intensiewe spesialissorg in 2010 ontvang het.

Luidens die Wêreld Gesondheidorganisasie het rokergetalle in Indonesië oor die afgelope 40 jaar bykans sesvoudig vermeerder. Sowat 400 000 mense sterf jaarliks aan rookverwante oorsake en 25 000 aan tweedehandse rook. Vergeleke met ander lande begin die oorlog teen rook nou maar eers in dié land, aangesien beamptes steeds oortuig is dat die volhoubaarheid van die tabakbedryf belangriker is as openbare gesondheid.

Nuus24 het ‘n video van die rokende kleuter op YouTube opgespoor:
http://youtu.be/duwS2sIG9lE

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.