Video: 9-jarige seuntjie bou volledige speletjies-arkade met kartonbokse

Caine Monroy is ʼn 9-jarige seun wat tydens sy somervakansie ʼn verbysterende speletjies-arkade uit kartonbokse in sy pa se motoronderdeel-winkel gebou het. Caine het gedroom dat hy eendag ʼn groot groep klante sal hê en hy het maande lank spandeer om alles regte kry. Hy het die speletjies ontwerp, borde opgesit waarop die pryse vasgesteek kan word, sekuriteitstelsels installeer en selfs geskenkpapiersakkies gereed gekry. Sy pa se onderdeelwinkel, wat in ʼn nywerheidsgebied in die ooste van Los Angeles geleë is, kry egter bykans geen instapkliënte nie, en die kans dat ʼn hele paar mense by Caine se arkade sou kom speel, was maar skraal. Maar Caine het nie opgegee nie.

Kyk dié video om te sien hoe ʼn 9-jarige seuntjie se dag gemaak is. Dit is moontlik die beste 10 minute van jou dag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Susan Lombaard ·

By verre die beste 10 minute van my dag! Die tjankerigste ook!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.