Video: 96-jarige staan haar man teen vermeende rower

Margaretta Wolf

‘n Gemaskerde rower het moontlik gedink dit sou maklik wees om ‘n 96-jarige winkeleienaar te beroof, maar hy het Maandag sy moses teëgekom.

Margaretta Wolf van Marshfield in Wisconsin, Amerika, is al 54 jaar lank eienaar van die winkel, berig WAOW-TV. Toe ‘n gewapende rower haar wou oorval, het sy egter besluit sy gaan nie bloot net die kontant aan hom oorhandig nie. “Ek het gesê, ‘ek gaan nie die kasregister oopmaak nie, en dis dit’. Ek het gesê hy kan al die Tootsie Rolls kry wat hy wil hê, maar ek gaan nie die kasregister oopmaak nie,” het Wolf ná die voorval gesê.

Die man in die silwer masker het Wolf met ‘n mes gedreig en haar allerhande opdragte gegee. “Hy wou hê ek moet na die agterkant van die winkel stap. Ek het gesê, ‘Ek gaan nêrens heen nie. Ek staan net hier’.” Die bejaarde winkelier het bly staan selfs toe die man ‘n knipmes uitgehaal en dit op die toonbank neergesit het. “Ek het gesê ek gaan ‘n knoppie druk en iemand sal binne sekondes hier wees.”

Wolf sê die vermeende rower het gefrustreerd gelyk, rondgekyk, ‘n sekuriteitskamera opgemerk, die mes gegryp en gevlug.

Lt. Darren Larsen van die polisie in Marshfield, het gesê hy is dankbaar Wolf is ongedeerd. “Alhoewel ons nie voorstel dat mense in Marge se voetspore volg nie, is ons baie, baie bly dat sy niks oorgekom het nie,” het Larsen aan WAOW-TV gesê.

Wolf sê as die polisie ooit die vermeende dief vastrek sal sy vir hom sê sy straf is op pad. “En dit gaan meer as net ‘n bietjie vloerskrop wees,” het sy gesê.

WAOW – Newsline 9, Wausau News, Weather, Sports

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jenny ·

Dis sou beslis biae onverantwoordelik wees om so iets in SA te probeer. Hulle sou haar summier vermoor het.

Annamarie ·

Sy was natuurlik beskerm deur die engele en ja as sy dit hier sou gewaag het het hulle beslis met `n mes of skiet dink geskiet net om die geld te kry,

Marlene ·

As wetsgehoorsame burgers in S.A. op hierdie manier saam met geweld begin teenstand doen teen die misdadigers sal dinge beter gaan in ons land.Die booswigte (misdadigers ) se doel is om vrees by die slagoffers in te boezem. Mense onthou vrees kom nie van God af nie. As ons die duiwel weerstaan sal hy van ons wegvlug, ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die boosegeeste,owerhede en magte. Ek sal optree in welke wyse sodat die misdadigers sal weet ek vrees nie want God is aan my kant en in SA is die kanse groot dat die misdadigers jou sal wil verkrag en self in daardie geval sal ek eerder sterf deur my eer te beskerm as wat ek net sal toelaat dat ‘n barbaar my eer steel.Dit maak my dan nie dom nie maar eerbaar want ek wankel nie af van dit waarin ek glo nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.