Video: Adam Sandler in SA deur jagluiperd “aangeval”

Adam Sandler

Die video volg onderaan die berig. Die Amerikaanse rolprentster Adam Sandler het, volgens hom, ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn jagluiperd hom onlangs tydens sy besoek aan Suid-Afrika “aangeval” het.

Sandler (46) was in Suid-Afrika om tonele te verfilm vir sy nuwe rolprent, Blended, saam met Drew Barrymore, berig TorontoSun. Hy het op een van sy vakansiedae ʼn besoek afgelê aan ʼn privaat wildreservaat waar hy toegelaat is om die wilde diere van naderby te bekyk.

Onder die toesig van ʼn wildbewaarder is Sandler genooi om te help om ʼn jagluiperd te voer, maar dinge het skeefgeloop toe die wyfie op sy rug gespring het.

Sandler het Dinsdag beeldmateriaal van die voorval tydens ʼn Amerikaanse gesprekprogram, Late Night with David Letterman, gedeel. “Die mense by die reservaat was baie gaaf. Hulle het my toegelaat om by die jagluiperd se hok in te gaan en gesê ek kon die jagluiperd water voer met my hande. Ek het dit gedoen, maar dit het effens skeefgeloop,” het Sandler gesê.

Sandler (46) en Barrymore (38) wat saam in die rolverdeling was vir The Wedding Singer en 50 First Dates vertolk in Blended die rol van enkelouers wat by ʼn vakansieoord saam met hul kinders beland.

Die rolprent is die afgelope twee maande hoofsaaklik by Sun City se Palace of the Lost City in Noordwes verfilm.

Sandler het ʼn opskudding in Kaapstad veroorsaak toe hy by Hudson’s Burger Joint in die bekende Kloofstraat ingestap het, berig CityPress. Barrymore het ook ʼn besoek afgelê aan Kaapstad en het een oggend langs 25 ander entoesiaste haar jogamatjie by die gewilde Hot Dog Yoga Studio in Seepunt uitgerol vir ʼn uur en ‘n half lange jogasessie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Carin ·

Ek sal dit beslis nie “aanval” noem nie. Dit lyk meer asof die cheetah wou speel!

Johan ·

Ag toe nou – hy wou net speel – arme yanks is ook niks gewoont nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.