Video: Adele sing nuwe Bond-temalied

Die bekroonde sanger Adele, wat gekies is om die nuwe James Bond-rolprent, Skyfall, se temalied te sing, se liedjie is pas bekend gestel. Adele en Paul Epworth, haar vervaardiger wat haar help skryf het aan Rolling in the Deep, het die temalied geskryf. Soos met voormalige Bond-rolprente word ʼn unieke temalied vir elke film geskryf wat aan die begin van die rolprent gespeel word. Dit word as ʼn groot eer vir die gekose sanger beskou. Adele se liedjie word deur kenners as die “beste Bond-lied ooit” beskryf.

Die Skyfall-rolprent word op 26 Oktober in Brittanje vrygestel en behoort op 30 November op die silwerdoek in Suid-Afrika te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.