Video: Advertensie wat Christene kan aanstoot gee van die lug gehaal

Foto: AXE

Die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (ASA) het opdrag gegee dat ‘n advertensie van die lug gehaal word aangesien Christene aanstoot kan neem.

Die advertensie vir Axe-deodorant wys engele wat uit die lug val aangesien hulle aangetrokke is tot ʼn man se deodorant. ʼn Kyker het by ASA gekla en sê die suggestie dat engele, God se boodskappers, letterlik uit die lug sal val vir ʼn man wat die deodorant gebruik is onversoenbaar met sy oortuigings as ʼn Christen. Die ASA-direktoraat het beslis dat hy bekommerd is dat die engele uitgebeeld word waar hulle val en dat hulle aangetrokke is tot ʼn sterflike man. Die direktoraat sê die feit dat engele in die advertensie die ewige lewe vir sterflike begeertes verruil kan moontlik veroorsaak dat Christene aanstoot neem. Die respondent in die saak, Unilever SA, is beveel om die advertensie in sy huidige formaat van die lug af te haal.

Die advertensie is deur AXE op Youtube geplaas:

http://youtu.be/8qskcmabLuQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.