Video: AfriForum kondig petisie aan oor ANC se Grondwetplanne

Die burgerregte organisasie, AfriForum, het Donderdag ʼn veldtog aangekondig teen die ANC se voorneme om fundamentele wysigings aan die Suid-Afrikaanse Grondwet aan te bring.

AfriForum het ʼn video, getiteld “ANC, the Conmen”, bekendgestel waarin die organisasie veruidelik dat Suid-Afrika se Grondwet “die vergestalting van ʼn onderhandelingsproses was en dat fundamentele wysigings daarvan deur die ANC op politieke kontrakbreuk sal neerkom.” AfriForum sê as deel van die veldtog het hy vanoggend ʼn kopie van die video saam met ʼn memorandum by Luthuli-huis ingedien. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het verduidelik dat die organisasie van voorneme is om die ANC in die buiteland in die verleentheid te stel, sou dié organisasie voortgaan met sy planne om fundamentele wysigings aan die Grondwet aan te bring. “Dit raak al hoe duideliker dat die wêreld onder ʼn wanpersepsie oor die ANC verkeer. Die ANC kan nie meer gesien word as ʼn organisasie wat vrede, verdraagsaamheid en wedersydse erkenning en respek in Suid-Afrika wil bevorder nie, maar as ʼn organisasie wat verkies om te struggle eerder as om te regeer en vir wie die blindelingse navolging van ʼn revolusionêre politieke ideologie belangriker as die welstand van die land se inwoners is.”

Teken die petisie by http://www.afriforum.co.za/ancpetition/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.