Video: Afrikaans gaan Groot

Lindie Strydom is die handelsmerkbestuurder van GrootFM. By haar is Hykie Berg en Riva Schoeman twee van die nuwe omroepers wat vanaf Maandag op 90.5FM sal uitsaai.

Pretoria spog van Maandag af met ‘n splinternuwe radiostasie wat nie net gaan vermaak nie, maar só bestuur gaan word dat die wins daarvan teruggeploeg word in die gemeenskap.

GrootFM, wat op die frekwensie 90.5 gaan uitsaai, hoop om ‘n leemte in die Afrikaanse radiomark te vul, maar ook om prakties ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kaspaas ·

Soos ek verstaan, verander Rippel se naam na GrootFM. Mag verkeerd wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.