Video: Akademia, eNuus gee beurse vir studente

graduatinoeNuus het kragte met die Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia saamgesnoer om studiebeurse aan vyf behoeftige studente beskikbaar te stel.

Boonop gaan Akademia 75 voornemende studente die kans gee om verder daar te studeer met behulp van rentevrye studielenings.

Akademia, deel van die Solidariteit Beweging, is die eerste privaat instelling wat ʼn ten volle Afrikaanse BCom-graad gaan aanbied. Die Raad op Hoër Onderwys het onlangs bekend gemaak dat ʼn driejarige BCom-graad in Ondernemingsbestuur van Akademia geakkrediteer is. Akademia sal dié graad vanaf 2014 aanbied. Lees meer hier. Of besoek akademia.ac.za

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alta ·

Mooi man, dit is lankal tyd dat ons self vir Ons minderbevoorregte kinders sorg, waar is al die groot Maatskappye hoop julle volg die voorbeeld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.