Video: Alexandra-inwoners dreig met optrede teen buitelanders

Foto: Werner Beukes/SAPA

Inwoners van die informele nedersetting Alexandra in Johannesburg dreig om oproerig te raak oor buitelanders wat volgens hulle eerste toegang kry tot behuising.

ʼn Inwoner, Angeline Masango, sê indien die regering hulle nie wil help nie, sal hulle as ʼn gemeenskap self hulle probleme oplos. Masango beweer sy het al drie keer geregistreer om ʼn HOP-huis te ontvang maar dat daar aan haar gesê is sy moet tussen R3 000 en R6 000 betaal indien sy een wil hê. Inwoners van Alexandra het Dinsdag plakkate opgesit in dié informele nedersetting, wat buitelanders waarsku om hulle HOP-huise te ontruim. Die inwoners het buitelanders tot Sondag gegee om hulle huise te ontruim. Die inwoners meen buitelanders kry eerste toegang tot huise aangesien hulle die nodige geld het om dit te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.