Video: Amelia Earhart se naamgenoot gaan dieselfde vlug onderneem

Amelia Rose Earhart

‘n Video waar Amelia haar familieverwantskap verduidelik en meer besonderhede oor die vlug verskaf volg onderaan die berig. Amelia Rose Earhart, naamgenoot van die bekende Amelia Earhart wat in 1937 gepoog het om rondom die wêreld te vlieg maar toe vermis geraak het, gaan nou dieselfde vlug onderneem.

Earhart (30), ‘n weer- en verkeersverslaggewer van NBC Denver in Amerika, het besluit om volgende somer dieselfde vlug te onderneem. Sy en ‘n mede-vlieënier, Patrick Carter, sal in Oakland, Kalifornië begin en binne twee weke ‘n 100 uurlange vlug rondom die wêreld onderneem.

Amelia het in 1937 oor die Stille Oseaan vermis geraak.

“Ek het my lewe lank al dié gesprek,” sê Earhart. “Die vraag word altyd gevra. As ek dink aan Amelia gaan dit oor die avontuur. Daar is nie baie dinge in die lewe waarop ons aanspraak kan maak nie, maar ek dink ons kan aanspraak maak op ons eie avontuur. Dis my poging om Amelia se gees van avontuur te laat voortbestaan.”

Earhart en Carter sal van Oakland na Miami vlieg, dan Brasilië, Afrika, Indië en Australië voordat hulle oor die Stille Oseaan en Howland-eiland sal vlieg, waar die bekende Amelia en haar mede-vlieënier Fred Noonan vermis geraak het, en dan terug na Oakland. Die moderne paar sal van ‘n GPS gebruik maak, in plaas van die maan en sterre as navigasiemiddels en hulle vlieg in ‘n PC-12-vliegtuig wat $4.6 miljoen werd is. Die vliegtuig word deur Business Aircraft geborg.

Earhart sê mense het haar altyd gevra of sy vlieg en was teleurgesteld as haar antwoord “nee” is. “Ek het so moeg geraak om altyd vir mense ‘nee’ te sê, dat ek uiteindelik besluit het om te leer hoe om te vlieg.”

Klik hier om haar op Facebook te volg.

Visit NBCNews.com for breaking news, world news, and news about the economy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.