Video: ANC sê FNB-advertensie is aanval op sy leierskap

Die FNB “Jy kan help-veldtog” is ʼn aanval op die regerende party en sy leierskap, het die ANC gesê.

“Die ANC is geskok deur FNB se advertensies waarin die ANC, sy leierskap en die regering aangeval word in ʼn advertensie wat vermom is as sienings van die jeug,” het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, gesê. “Wat die ANC bekommer is dat die advertensie se inhoud ʼn onverbloemde politieke verklaring is wat willekeurige en onbetwiste beskuldigings maak teen ons regering in die naam van diskoers.” Die ANC sê FNB moet nie van kinders gebruik maak om politieke verklarings te maak op ʼn manier wat oneerbiedig is teenoor ouer mense en die opofferings wat in die 18 jaar van demokrasie gemaak is verontagsaam nie. Mthembu sê die ANC se leierskap sal met FNB se bestuur in verbinding tree ten einde ʼn beter begrip te kry van die advertensie en sy beoogde doel. Die ANC-jeugliga het die veldtog as “adderlik” beskryf terwyl die SAKP meen die advertensie vra vir regime verandering. Die DA sê die ANC en sy jeugliga se besware herinner aan apartheid sensorskap.

http://youtu.be/m7Vyj9b1NyY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Brenda ·

Nerens word na die huidige regering verwys nie! Dit is weereens ‘n geval van, as die skoen jou pas, trek hom aan, … EN PAS die skoen in die geval nie die ANC nie… Soos ‘n handskoen, man, soos ‘n handskoen. Ja, ANC die WAARHEID maak seer, baie seer!!

Leslie ·

Ek is baie dankbaar dat ek nie lid is van so ‘n party nie of in die jeug beweging nie of enige ander swart bewegin
so ver dit my aangaan ly hulle almal aan ‘n minderwaardigheids kompleks of miskien its erger
so dra jy beweer dat jy ‘n Christen is maar ook aan jou voorvader geeste glo en gebruik maak van toordokters en waarsêers dan sal ding nie uit werk so jy dit wil hê nie, dan word alles wat wit is beskuldig
soos dit in die Byble staan, die eind tyd sal wat reg is verkeerd wees en wat verkeerd is sal reg wees

PIET VENTER ·

FNB, julle was nog nooit so reg nie. Waaroor NOU padgee onder die druk van die onderdrukkers van die witmense

Ignatius ·

Dit is vir my duidelik dat die ANC/SAKP nie vrede in ons land nastreef nie maar bedrog,stakings( sy goedgesinde vakbonde) en oproer.FNB oefen maar net sy demokratiese reg uit sodat ons vrede in die land kan hê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.