Animasiekunstenaars van Taiwan het ʼn video gemaak van die onlangse skietery by Lonmin se Marikana-my naby Rustenburg.
Dit volg nadat ʼn onwettige staking op 16 Augustus in ʼn skietery ontaard het waartydens 34 mense dood en 78 beseer is. Die polisie moes ondermeer met rubberkoeëls, traangas en verdowingsgranate op betogers by die myn losbrand. Die polisie het gesê hulle het geen ander keuse gehad as om geweld te gebruik nie.
Die animasie-video is op 31 Augustus deur NMATV op YouTube gelaai. Te oordeel na al die negatiewe kommentaar onderaan die video, word dit nie baie goed ontvang nie.
Hierdie tipe video’s word algemeen deur die Taiwannese NMA.tv uitgesaai. Daar is skreeusnaakse, oordrewe voorbeelde van ander animasienuus ook beskikbaar.